Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Amerikaanse Ope straks óók uitgestel
Rafael Nadal by verlede jaar se Amerikaanse Ope in New York. Foto: Gallo Images

Die Amerikaanse Ope-tennistoernooi is die volgende groot sportbyeenkoms wat kan ly onder Covid-19.

Die organiseerders van die toernooi het Dinsdag erken dat die toernooi geskuif kan word weens die pandemie.

Die VSA Ope is tans vir die einde van Augustus geskeduleer.

Die organiseerders het egter gesê hulle sal nie ’n besluit neem oor ’n nuwe datum voordat daar nie met die Internasionale Tennisfederasie, die ander Grandslam-toernooie en mans- en vrouereekse gepraat is nie.

Ons weet dat ons nie eensydige besluite moet neem nie.

“Ons weet dat ons nie eensydige besluite moet neem nie,” het die VSA federasie in ’n verklaring gesê.

Dit was ’n duidelike hou in die rigting van die Franse federasie wat vroeër Dinsdag aangekondig het dat hy die Franse Ope skuif na die einde van September toe.

Dié toernooi sou oorspronklik aan die einde van Mei begin het. – Sport24

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Parys  |  Amerika  |  Grand Slam  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.