Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Amerikaner skakel Ons uit in Parys
Die Amerikaner Danielle Collins val op die grond neer nadat sy Ons Jabeur Dinsdag in drie stelle in hul stryd in die vierde ronde van die Franse Ope geklop het. Foto: AP

Die Tunisiër Ons Jabeur se geskiedkundige veldtog in die Franse Ope het Dinsdag tot ’n einde gekom.

Die ongekeurde Amerikaner Danielle Collins het ná byna twee uur daarin geslaag om Jabeur met 6-4, 4-6, 6-4 tot oorgawe te dwing.

Collins het die eerste keer in haar loopbaan die kwarteindronde van die Franse Ope gehaal.

Collins, 57ste op die wêreldranglys, het haar spel gelig nadat die eerste nege potte van die eerste stel volgens afslaan verloop het. Collins het deurgebreek toe Jabeur vanaf die agterbaan ’n ongedwonge fout begaan het.

Ons Jabeur het ’n goeie veldtog op Roland Garros gehad. Foto: AP

Die 26-jarige Amerikaner het daarna vinnig ’n voorsprong van 3-0 opgebou en dit het gelyk asof Jabeur se doppie geklink is.

Jabeur het egter haar fokus herwin en die volgende vyf potte gewen om die wedstryd na ’n beslissende stel te stuur.

Die 26-jarige Tunisiër het Saterdag met haar oorwinning oor Aryna Sabalenka geskiedenis gemaak en die eerste Arabiese vrou geword om die laaste 16 van Roland Garros te haal.

Die legendariese Amerikaner Billie Jean King het Jabeur se prestasie geloof.

Collins sal in die kwarteindronde te staan kom teen Sofia Kenin, die Australiese Ope-kampioen.

Collins was sonder ’n afrigter in die Amerikaanse Ope, waar sy in die eerste ronde vasgeval het.

Sy werk egter sedert verlede week saam met die Spanjaard Nicolas Almagro.

Collins het in die derde ronde met Garbine Muguruza, die 2016-kampioen, afgereken.

Kenin het Maandag ná ’n wankelrige begin haar wedstryd in die vierde ronde teen Fiona Ferro van Frankryk met 2-6, 6-2, 6-1 gewen. – Reuters

Meer oor:  Ons Jabeur  |  Danielle Collins  |  Amerika  |  Parys  |  Frankryk  |  Tennis  |  Kleibaantoernooi  |  Grand Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.