Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson beseer voor Franse Ope
Kevin Anderson moes die handdoek ingooi in die kwarteindronde van die Estoril-Ope in Portugal. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se Kevin Anderson se onttrekking ná die eerste stel van sy eerste kwarteindstryd in vyf maande wek effens kommer; dis slegs ’n maand voor die jaar se tweede Grand Slam-tennistoernooi, die Franse Ope.

Die sesde gekeurde Marin Cilic van Kroasië het die eerste stel van hul kwarteindstryd Vrydag met 7-6(9/7) in die Estoril-Ope in Portugal gewen, waarna Anderson met hom blad geskud het.

Die 34-jarige Anderson het na verneem word spiere aan die binnekant van sy linkerdy beseer.

Die Franse Ope begin op 30 Mei.

Anderson was die afgelope twee jaar weens verskillende beserings min in aksie en het vanjaar nog net sewe wedstryde gespeel, wat twee oorwinnings vandeesweek in Estoril insluit.

Dit was sy eerste kleibaantoernooi van die jaar en hy kon met sy onttrekking toe nie weer soos in 2017 die halfeindronde daar haal nie.

Die lenige Suid-Afrikaner se eerste afslaan Vrydag was ’n kishou.

Hy het egter nie sy kanse in die eerste stel benut nie.

Hy het in die derde pot twee breekpunte gehad, maar kon nie die vroeë voorsprong neem nie.

Cilic het ook een breekpunt in die eerste stel gehad, wat toe met ’n valbylpot beslis is.

Anderson het in die valbylstryd ’n stelpunt gehad, wat hy ook nie benut het nie.

Anderson het in die valbylstryd ’n stelpunt gehad, wat hy ook nie benut het nie.

Die Suid-Afrikaner het agt kishoue in die stel gemoker, waarvan twee in die valbylpot was.

Dit was Cilic (32) se sewende sege in agt wedstryde oor Anderson sedert 2009.

Raven Klaasen Foto: Getty Images

Hy speel nou in die halfeindronde teen die Brit Cameron Norrie.

• Suid-Afrika se Raven Klaasen en Ben McLachlan van Japan kon in hul tweede halfeindstryd van die jaar weer nie die eindstryd haal nie.

Hugo Nys van Monaco en Duitsland se Tim Pütz het hulle Vrydag met 3-6, 6-4, 14/12 in die dubbelspel-halfeindronde in Estoril geklop. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Parys  |  Portugal  |  Tennis  |  Besering  |  Grand Slam  |  Kwarteindronde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.