Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson en niggie op dieselfde bane

Kevin Anderson se niggie Katie Franck gaan ook in aksie wees in BNP Paribas RCS Rising Star Tennis se nasionale eindronde vir laerskole wat in Soweto beslis word.

Kevin Anderson. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Anderson is die toernooi-ambassadeur.

Hy gaan sy landgenoot Lloyd Harris tydens die toernooi in Februarie in ’n vertoontenniswedstryd pak.

Die jong Franck is ’n graad 6-leerling aan die St. Mary’s School in Waverley. Dié skool het die eindronde gehaal as wenner van die provinsiale toernooi wat by Groenkloof plaasgevind het.

Dis die eerste keer dat die laerskole-kompetisie gehou word. Meer as 450 skole was oor sewe maande daarby betrokke.

Franck is vroeër deur Eric van Eck afgerig, wat toevallig ook Anderson se afrigter was.

Tennis Suid-Afrika het oor die naweek aangekondig kaartjies vir die skouspel tussen Anderson en Harris sal vandeesweek beskikbaar wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.