Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson gly af op wêreldranglys

Kevin Anderson se teleurstellende vertoning in vanjaar se Wimbledon-toernooi het hom sy plek in die top-tien op die wêreldranglys gekos.

Kevin Anderson tel nie meer onder die wêreld se top-tien-spelers nie. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se beste speler met drie plekke geval en is nou die wêreld se nr. 11 nadat die Argentyn Guido Pella hom in Wimbledon se derde ronde uitgeskakel het.

Anderson, wat verlede jaar daar die eindstryd gehaal het, was vanjaar vierde vir die Grand Slam-toernooi in Londen gekeur.

Die 33-jarige Anderson was sedert Februarie 2018 pal in die top-tien en het so hoog as die vyfde plek geklim. Hy het egter vanjaar weens beserings nog min gespeel.

In teenstelling met Anderson het die Spanjaard Roberto Bautista Agut, wat in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioen, Novak Djokovic, verloor het, met nege plekke op die ranglys gespring en hy beklee nou die 13de plek.

Djokovic (12 415 ranglyspunt) is steeds los voor op die ranglys, met Rafael Nadal (7 945) en Roger Federer (7 460) onderskeidelik tweede en derde. Die kloof tussen die Groot Drie en die res word ook op die ranglys weerspieël, met die wêreld se nr. 4, Dominic Thiem (4 595), wat bykans 3 000 punte agter Federer is.

– Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Wimbledon  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.