Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson haal eindelik weer eindstryd
Kevin Anderson het die eindstryd van die Hall of Fame Ope in Newport gehaal. Foto: Getty Images

Die agtste gekeurde Kevin Anderson moes Saterdag hard veg om Alexander Bublik van Kazakstan in die Hall of Fame-Ope in Newport, Rhode Island, te klop en sy eerste ATP Toer eindronde sedert 2019 te haal.

In die kwarteindronde was Anderson ook agter en moes hy kwaai spook om Jock Sock te troef.

Teen Bublik was die Suid-Afrikaanse tennisspeler ook gou weer op die agtervoet en hy het die eerste stel verloor.

Hy het egter vasgebyt en 20 kishoue gemoker om met 4-6, 7-6(3), 7-5 te wen.

Sy teenstander in Sondag se eindstryd sal Jenson Brooksby van Amerika wees.

Brooksby het die Australiër Jordan Thompson in sy halfeindstryd met 6-3, 7-6(3) geklop.

Dit is Anderson se eerste eindstryd sedert 2019 toe hy in Pune gewen het.

“Dis die grootste wedstryd van die week en ek het lank gewerk om weer ’n eindstryd te haal,” sê Anderson.

“Ek was lanklaas in ’n eindstryd, so dit beteken vir my baie.” – Atptour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Newport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.