Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson haal kwarteind in VSA

Suid-Afrika se Kevin Anderson het die kwarteindronde van die Hall of Fame-toernooi in Newport, Rhode Island, gehaal.

Kevin Anderson onlangs op Wimbledon in aksie. Foto: Getty Images

Hy het Sebastian Ofner van Oostenryk Woensdagaand met 7-5, 7-6(3) geklop in die tweede ronde van dié grasbaantoernooi.

Anderson (35) het 18 kishoue gemoker en nie een breekpunt teen hom gehad nie.

Die agtste gekeurde Anderson, 113de op die jongste wêreldranglys, pak nou vir Jack Sock van Amerika.

Dié twee het al vier keer teen mekaar gespeel en spog elkeen met twee oorwinnings. Sock se een oorwinning was op ’n kleibaan. Dié twee voormalige toptien-spelers was egter in 2017 laas teenstanders.

Dis Sock, wat as promotorskeuse deelneem, se eerste toernooi vanjaar volgens tennisworldlive.com. Hy het tot 231ste op die ranglys teruggesak ná ’n paar beserings in 2019. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.