Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson haal sy 1ste halfeind van 2021

Suid-Afrika se Kevin Anderson het met 20 kishoue sy eerste tennis-halfeindronde van die jaar gehaal.

Die 35-jarige Anderson het Donderdag die eerste stel teen Jack Sock verloor maar herstel om die Amerikaner, wat in sy eerste toernooi vanjaar gespeel het, met 6-7(5), 6-2, 6-4 in die Hall of Fame-ope in Newport, Rhode Island, te klop.

Kevin Anderson vroeër in aksie op Wimbledon. Foto: Getty Images

Anderson se vorige halfeindstryd was verlede jaar in Oktober in Wene.

Sock is soos Anderson ’n voormalige top-tien-speler wat soos die Suid-Afrikaner ná beserings op die wêreldranglys teruggesak het.

Anderson het met dié sege gewys dat hy ver beter is as wat sy huidige ranglysposisie aandui.

“Ek moes diep delf. Dit was ’n baie fisieke wedstryd en dit was heelwat warmer vandag.

“Ek dink ek het my taak goed verrig en hard baklei vir elke punt. Gelukkig kon ek aan die einde ’n manier vind om deur te kom,” het Anderson agterna gesê.

Die Suid-Afrikaner, agtste gekeurde, sal Saterdag in die halfeindstryd van dié grasbaantoernooi teen die eerste gekeurde, Alexander Bublik van Kazachstan, speel.

Dit is sy eerste wedstryd teen Bublik.

Bublik beleef met 26 seges vanjaar sy beste seisoen nog op die baan.

Hy het verlede jaar die eindstryd in Newport gehaal en sal hoop om nou vir sy eerste titel as ’n beroepspeler ’n stap verder te gaan. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Jack Sock  |  Halfeind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.