Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin Anderson het sy visier op Miami

Nadat sy seer elmboog hom die naweek uit nóg ’n toernooi gehou het, is Kevin Anderson se visier nou daarop ingestel om aanstaande week in Miami na die tennisbaan terug te keer.

Kevin Anderson laat verlede jaar in die eindstryd van die Mubadala-kampioenskap in Abu Dhabi. Foto: Getty Images

Anderson se agent, Stuart Duguid, het aan Netwerk24 gesê hulle “hoop hy sal gereed wees vir Miami, maar kan dit nie met sekerheid sê nie”.

Die 32-jarige Suid-Afrikaner was in Januarie laas in aksie toe hy in die tweede ronde van die Australiese Ope teen Frances Tiafoe verloor het. Hy is daarna terug na die VSA, waar hy sedertdien van ’n elmboogbesering probeer herstel.

Anderson was voorverlede week in ’n gesprek met Sports Illustrated hoopvol dat hy in die BNP Paribas-ope in Indian Wells (wat tans beslis word) weer sou kon speel en het gesê sy seer elmboog het net sy afslaan gehaper.

“Ek was nou sewe weke by die huis, besig met rehabilitasie, so ek voel fiks en vars,” het hy toe gesê. Gelukkig vir my was die probleem net ’n elmboog, en nie weer iets soos ’n knie nie. Ek kon steeds gimnasium toe gaan en op die baan oefen – ek kon net nie afslaan nie.

“Dit was frustrerend om te kyk hoe ander ouens speel in toernooie waarin ek verlede jaar goed gevaar het en wat ek regtig geniet het, maar ek glo dat ek ná die lang rus gou weer op my beste sal wees.”

Duguid se opmerking dat Anderson se terugkeer hopelik met net ’n week uitgestel is, dui daarop dat sy afslaan nog nie op die standaard vir kompeterende tennis is nie.

Ondanks Anderson se twee maande lange afwesigheid is hy net een posisie swakker daaraan toe op die wêreldranglys en beklee die sesde plek.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Indian Wells  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.