Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin Anderson lewer kishou-kragtoer

Suid-Afrika se tennisheld Kevin Anderson het met 14 kishoue in slegs twee stelle weer ’n slag soos die speler van ouds gelyk en sy eerste kwarteindstryd van die jaar gehaal toe hy Pablo Carreño Busta Woensdagaand in Wene oorweldig het.

Kevin Anderson vroeër vandeesweek in Wene in aksie. Foto: Getty Images

Anderson, tans slegs 111de op die wêreldranglys weens sy stryd teen beserings die afgelope paar jaar, het die Spanjaard, wat 15de op die ranglys is, met 7-5, 6-1 in 88 minute afgeransel.

Vyf van die voorste tien spelers ter wêreld is in die Erste Bank-ope in Oostenryk in aksie en sou kennis geneem van Anderson se kragtige afslane en dat sy korrel weer mooi ingestel is.

Die 34-jarige Anderson, wenner twee jaar gelede in Wene, speel in die kwarteindronde teen die vierde gekeurde Rus Daniil Medvedev of Kanada se Vasek Pospisil.

Carreño Busta, wat vanjaar die halfeindronde van die Amerikaanse Ope gehaal het, het vroeg die voortou met 2-0 geneem.

Anderson het volgens atptour.com in die sesde pot egter teruggebreek om dit gelykop met 3-3 te maak. Anderson het op 6-5 weer so gemaak om die eerste stel te wen.

Die lenige Anderson het vroeg met 3-0 in die tweede stel voorgeloop voor die Spanjaard sy eerste en enigste pot van die stel gewen het.

Dit was Anderson se vyfde sege in ses wedstryde teen Carreño Busta.

Dit was ook Anderson, voormalige nr. 5 op die wêreldranglys, se eerste sege vanjaar oor ’n top-20-speler.

Hy het sedert sy terugkeer in Augustus (ná ’n tweede knieoperasie) nog net een keer – in die Franse Ope – twee wedstryde in ’n ry gewen.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Wene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.