Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin Anderson met ATP-prys vereer

Suid-Afrika se Kevin Anderson is vir sy welwillendheidswerk met die Arthur Ashe- humanitêre prys op die jaarlikse ATP-prysuitdeling vereer.

Die pryswenners is Donderdag op atptour.com bekend gemaak.

Kevin Anderson is vir sy liefdadigheidswerk vereer. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Anderson, voormalige nommer 5 op die wêreldranglys, het vanjaar weens ’n elmboog- en kniebesering net 15 wedstryde gespeel.

Hy is onder meer by Cause for Paws en Courtside Cause by liefdadigheidswerk betrokke.

Die eerbewys is voorheen aan van tennis se grotes soos Rafael Nadal, Roger Federer en Novak Djokovic toegeken.

* Nadal, wat die jaar as die voorste speler afgesluit het, is deur sy medespelers vir die tweede agtereenvolgende jaar met die Stefan Edberg-sportmanskaptoekenning vereer.

Die Skot Andy Murray (32) is aangewys as die speler wat die Terugkeer van die Jaar gemaak het ná die heupoperasie wat hy in Januarie ondergaan het.

Hy het merkwaardige herstel nadat ’n knaende heupbesering gedreig het om sy loopbaan te beëindig.

Murray het in Januarie gedink sy loopbaan is verby.

Hy het in Junie, aanvanklik net in dubbelspelwedstryde, weer begin speel. In Augustus het hy dit in enkelspelwedstryde gewaag en hy het toe in Oktober in België sy eerste ATP-titel sedert 2017 gewen.

Die Italianers Matteo Berrettini en Jannik Sinner is onderskeidelik as die speler wat die meeste vordering gemaak het en die Nuweling van die Jaar aangewys.

Berrettini (23) het van 54ste tot agtste gedurende die jaar op die ranglys geklim.

Hy het verras deur die Griek Stefanos Tsitsipas, wenner van die ATP-jaareindtoernooi, in dié kategorie uit te stof.

Sinner (18) het van 763ste tot 78ste gevorder en die Next Gen ATP-eindtoernooi gewen.

Die Fransman Gilles Cervara, onder wie die Rus Daniil Medvedev 59 wedstryde gewen en nege eindstryde gehaal het, is as Afrigter van die Jaar aangewys. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Atp  |  Rafael Nadal  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.