Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson pak Fransman in Rome

’n Paar kleibaanspesialiste is vroeg op Suid-Afrika se Kevin Anderson se pad vandeesweek in die Italiaanse Ope in Rome.

Kevin Anderson Foto: Getty Images

Hy kom in die eerste ronde teen Ugo Humbert van Frankryk te staan. Die twee het nog nooit teen mekaar gespeel nie.

As Anderson die hekkie oorkom, wag die sewende gekeurde Fabio Fognini van Italië op hom.

Suid-Afrika se Lloyd Harris sal nie in die hoofloting in aksie wees nie.

Hy het Saterdag in sy eerste wedstryd ter kwalifisering vasgeval teen Japan se Yuichi Sugita wat met 6-4, 6-2 gewen het.

Die hooftoernooi begin Maandag.

’n Groot toets wag op die kampioen Rafael Nadal van Spanje in sy eerste wedstryd in ses maande.

Hy kom eers later die week in sy eerste wedstryd te staan teen sy landgenoot Pablo Carreño Busta. Busta het die halfeindronde van die afgelope Amerikaanse Ope gehaal.

Novak Djokovic van Serwië, die eerste gekeurde, het ’n makliker begin teen ’n kwalifiseerder, ’n gelukkige verloorder of ’n speler wat as promotorskeuse toegelaat is.

Amerika se Serena Williams het haar weens ’n Achilles-besering onttrek. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Lloyd Harris  |  Rome  |  Italiaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.