Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson sak met 4 plekke terug
Kevin Anderson. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson, het ná ’n teleurstellende Amerikaanse Ope met vier plekke op die jongste wêreldranglys teruggesak.

Anderson, wat vyfde gekeur was in New York, beklee nou die negende plek op die ranglys. Dié langeraat, wat in 2017 die eindstryd by Flushing Meadows gehaal het, is vanjaar in die vierde ronde deur die Oostenryker Dominic Thiem uitgeskakel.

Dit was Maandag darem nie net slegte nuus vir Suid-Afrikaanse tennis nie.

Die Kapenaar Lloyd Harris het met 14 plekke van nommer 145 tot 131 op die ranglys geklim, ofskoon hy in die eerste ronde van sy eerste Amerikaanse Ope die aftog moes blaas.

Die eerste twee plekke op die ranglys is onveranderd waar die Spanjaard Rafael Nadal en die Switser Roger Federer onderskeidelik hul nommereen- en nommertwee-plekke behou het, terwyl Novak Djokovic van Serwië met drie plekke tot derde gevorder het.

In die dubbelspel behou Suid-Afrika se Raven Klaasen sy 19de plek op die ranglys. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Ranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.