Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson sê Djokovic maak voetfout

Die bekendstelling van Novak Djokovic se wegbreek-spelersliggaam kort voor die begin van die Amerikaanse Ope het die ATP-spelersraad onkant betrap en kan sy strukture ondermyn, sê die waarnemende president, Kevin Anderson.

Die Suid-Afrikaner Kevin Anderson sê Novak Djokovic se wegbreek-spelersgroep gaan net verdere verdeeldheid in die sport veroorsaak. Foto: Getty Images

Djokovic het nog voor sy diskwalifikasie-drama Sondag skokgolwe veroorsaak in die spel toe hy as hoof van die ATP-spelersraad teruggestaan het saam met spelers soos Vasek Pospisil, John Isner en Sam Querrey en die stigting van die Professionele Tennisspelersvereniging (PTPA) aangekondig het.

Anderson sê die tydsberekening en hoe dit gedoen is, het hulle onkant gevang.

“Ek stem nie saam met hoe dit gedoen is nie. Ek sal altyd hul poging om die spelers te help, respekteer, ek dink dit is ’n wonderlike ding. Maar dit is wat ons in die raad gedoen het en wat ons steeds doen.”

Djokovic meen dat die PTPA, wat reeds die steun van meer as 150 spelers het, as platform vir die spelers se menings, sáám met die ATP se spelersraad kan bestaan.

Dis regtig belangrik dat ons sal saamstaan, want wanneer ons as ’n eenheid saamstaan, is ons die sterkste.

Tennis se beheerliggame is egter daarteen gekant en vra vir eenheid, veral ná die skade wat die Covid-19-pandemie die spel berokken het.

Raadslede soos Roger Federer en Rafa Nadal wil ook eenheid hê, terwyl van die ander topspelers meer duidelikheid verlang.

Djokovic het intussen sy frustrasie uitgespreek oor die teenkanting.

Anderson voel dit laat dit klink asof hulle teen die idee is om spelers te help.

“Ons is self spelers, ons is saam in die ding. Dis regtig belangrik dat ons sal saamstaan, want wanneer ons as ’n eenheid saamstaan, is ons die sterkste,” het die Suid-Afrikaner gesê.

Die ATP is in 1972 deur die spelers op die been gebring, maar sy raad sluit nou gelyke verteenwoordiging in vir toernooi-eienaars.

Anderson (34) kan nie sien hoe die PTPA saam met die ATP onder sy huidige strukture kan funksioneer nie.

“As ons die paadjie stap waarin spelers alleenverteenwoordiging wil hê, gaan die toernooie ook alleenverteenwoordiging wil hê.

As jy kyk na die PTPA se agenda, 75% tot 80% van dit is kwessies wat reeds op ATP-vlak binne die spelersraad bespreek is.

“En as dít gebeur, voel ek dat die hele ATP-struktuur uitmekaar sal val en ons met ’n nuwe struktuur vorendag sal moet kom, en ons het geen idee hoe dit sal lyk nie.”

Anderson gee toe dat kwessies rakende prysgeld en pensioene frustrerend vir spelers is, maar sê hy dink dat daar in sy agt jaar op die raad werklike vordering gemaak is.

“As jy kyk na die PTPA se agenda, 75% tot 80% van dit is kwessies wat reeds op ATP-vlak binne die spelersraad bespreek is.

“Ons het vergaderings met ons bestuur, ons druk hulle baie hard, ons hoor die stemme van ander spelers.

“Ek is vertroud met die werk en moeite wat agter die skerms gedoen word om ons hier te kry, maar daar moet nog meer gedoen word.”

Die nuwe ATP-voorsitter, Andrea Gaudenzi, het in Januarie ’n plan aan die spelers voorgelê. Dit het heelwat belangrike kwessies aangeroer, waaronder kollektiewe TV-regte in die sportsoort en om alle beheerliggame nader aan mekaar te bring.

“In daardie stadium het die volle spelersraad, insluitende Djokovic en Pospisil, besluit om die nuwe bestuur tyd te gee om die plan in werking te stel,” sê Anderson.

“Djokovic en Pospisil het toe met die Amerikaanse Ope uit die bloute gesê dis nou die tyd om hierdie PTPA te skep.” – Reuters

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.