Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson terug op baan ná knie hom opkeil
Kevin AndersonFoto: Getty Images

Suid-Afrika se Kevin Anderson het ’n uitnodiging ontvang om as promotorskeuse deel te neem aan die Winston-Salem Ope, wat hy in 2015 gewen het.

Dié tennistoernooi, wat die naweek begin, is die laaste opwarmtoernooi voordat die Amerikaanse Ope op 26 Augustus begin.

Die 33-jarige Anderson, wat deur beserings geteister word, het vandeesweek van die 10de tot die 14de plek op die jongste wêreldranglys teruggesak.

Hy het die laaste paar toernooie weens ’n kniebesering misgeloop.

Anderson was nie in die Citi Ope in Washington, die toernooi om die Rogersbeker in Kanada of in die afgelope Cincinnati-meesterstoernooi in aksie nie.

Dit het vrese laat ontstaan dat hy dalk die Amerikaanse Ope ook gaan misloop, nadat hy vroeër vanjaar weens ’n elmboogbesering ook nie in die Franse Ope in aksie was nie.

Anderson was laas op Wimbledon in aksie waar hy deur die Argentyn Guido Pella in die derde ronde uitgeskakel is.

Anderson het op Twitter gesê hy het op advies van sy dokter en fisioterapeut besluit om ’n paar weke af te neem om ten volle te herstel. Hy sien nou uit na die Winston-Salem Ope.

Anderson was laas op Wimbledon in aksie waar hy deur die Argentyn Guido Pella in die derde ronde uitgeskakel is.

Hy het vier jaar gelede met die Fransman Pierre-Hugues Herbert in die eindstryd van die Winston-Salem Ope afgereken.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Suid-Afrika  |  Vsa  |  Amerikaanse Ope  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.