Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Bianca speel nie enkele stryd in 2020
SHENZHEN, CHINA - OCTOBER 30: Bianca Andreescu of
Bianca Andreescu / Foto: Getty Images

Bianca Andreescu, die sewende beste vrouetennisspeler ter wêreld, gaan die Franse Ope en ook die res van die tennisjaar weens ’n besering misloop.

Sy hoop nou om betyds reg te wees vir die 2021 Olimpiese Spele in Tokio.

Dié Kanadees, wat die Amerikaanse Ope in 2019 gewen het, het nog nie vanjaar enige tenniswedstryde gespeel weens beserings nie.

Andreescu het nie lig gewerp op die aard van haar besering nie, maar dis wel bekend dat sy vroeër vanjaar las van ’n kniebesering gehad het.

Sy het op Twitter geskryf: “Ek het by die moeilike besluit gekom om die kleibaan-seisoen mis te loop en sal ook die res van die seisoen afvat om op my gesondheid en rehabilitasie te konsenteer.

“So moeilik soos dit was om by hierdie besluit te kom, het ek baie om na uit te sien in 2021, insluitende die Olimpiese Spele.

“Ek wil hierdie tyd gebruik om op my spel te konsentreer en om sterker as ooit tevore terug te kom.”

Dié 20-jarige Andreescu sluit by ander groot name soos Ash Barty (die wêreld se nr. 1) en die huidige Amerikaanse Ope kampioen, Naomi Osaka, aan, wat nie van Sondag by Roland Garros in aksie gaan wees in die Franse Ope nie. – TeamTalk

Meer oor:  Tennis  |  Bianca Andreescu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.