Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
ATP: Dis Medvedev teen Thiem

Rafael Nadal sal nóg langer moet wag vir daardie ontwykende binnenshuise titel op ’n harde baan.

Dít volg nadat Daniil Medvedev Saterdag diep gedelf het om die halfeindstryd van die ATP-eindtoernooi die Spanjaard met 3-6, 7-6(7/4), 6-3 te skok.

Daniil Medvedev het Saterdagaand met ’n groot terugvegpoging gekom om vir Rafael Nadal in die halfeindstryd van die ATP-eindtoernooi te wen. Foto: Getty Images

Vir Medvedev wag ’n moontlike stukkie geskiedenis.

Hy kan die eerste speler sedert Djokovic word om die ATP-eindtoernooi te wen in net sy tweede verskyning.

Hy kan ook wraak neem vir sy nederlaag teen Thiem in die Amerikaanse Ope.

“Met die telling op 5-4 het ek besluit om my strategie te verander en dit het baie goed uitgewerk,” sê Medvedev.

Hy sal nou teen Dominic Thiem van Oostenryk in die eindstryd speel.

“Domininc speel in die stadium ongelooflik en ek het saam met hom geoefen,” het die Rus in ’n TV-onderhoud ná sy oorwinning gesê.

Nadal, in die tweede plek op die wêreldranglys, se laaste titel op só baan was in 2005 met net twee van sy ATP-titels wat binnenshuis gewen is.

Ek het al genoeg toernooie en wedstryde gewen waar ek in moeiliker posisies was as hierdie een.
Rafael Nadal

Die ATP-eindtoernooi bly steeds die grootste titel wat dié 20-malige Grand Slam-kampioen ontwyk. Saterdag se nederlaag is beslis vir hom ’n teer saak.

Nog geen speler het al meer kere as Nadal aan die ATP-eindtoernooi deelgeneem sonder om die titel te wen nie. Vanjaar was sy tiende probeerslag.

Nadal het die geleentheid gehad om die wedstryd in die tweede stel te beklink toe hy 5-4 voor was, maar die Rus het deurgebreek met ’n genadelose terugvegpoging.

Novak Djokovic is Saterdag deur Thiem uitgeskakel. Dit is die eerste keer sedert 2017 se Indian Wells-toernooi wat dié twee albei op dieselfde dag verloor.

Nadal het egter nie verskonings probeer maak nie.

“Ek het al genoeg toernooie en wedstryde gewen waar ek in moeiliker posisies was as hierdie een. So ek voel nie so nie.

“Ek voel ek het net nie ’n goeie wedstryd gespeel nie. Jy is natuurlik op jou senuwees om die wedstryd te wen, maar vir my en almal is druk normaal. Ek dink hy (Medvedev) het ’n paar goeie punte gespeel en ek het verskeie foute gemaak.

“Hy het ’n goeie valbylpot gespeel. Ek moes my afslaan gewen het. Ek het ’n maklike vlughou gehad om die wedstryd te wen, maar klein detail maak ’n groot verskil. Welgedaan aan hom.” – Sportredaksie, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.