Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
ATP sit Alexander in uitgelese groep

Die 21-jarige Duitser Alexander Zverev het Sondag ’n sonderlinge prestasie onderweg na sy titelsege in die ATP-jaareindtoernooi in Londen behaal.

Alexander Zverev soen die trofee wat hy verower het ná sy sege oor Novak Djokovic in die eindstryd van die ATP-jaareindtoernooi in Londen.Foto: AP

Hy het slegs die vierde speler geword wat Roger Federer en Novak Djokovic agtereenvolgens in die halfeindronde en eindstryd van dieselfde toernooi kon klop.

Die enigste ander spelers wat dít al – teen twee van die beste spelers in die geskiedenis van die spel – kon vermag, is Rafael Nadal (drie keer), Andy Murray en David Nalbandian (albei een keer).

Zverev se goue naweek in die Engelse hoofstad het Saterdag met ’n sege van 7-5, 7-6(5) oor Federer, ’n 20-malige Grand Slam-kampioen, begin.

Sondagaand het hy dié vertoning met selfs ’n beter een gevolg, toe hy Djokovic ook in skoon stelle (6-4, 6-3) slae gegee het.

Zverev het met sy oorwinning in Londen die jongste ATP-jaareindkampioen in tien jaar geword en ook die eerste Duitser sedert Boris Becker in 1995 om met die titel weg te stap.

Geen wonder nie dat hy sy eie vertonings die naweek as “absoluut verstommend” beskryf het.

Zverev het Woensdag, in die groepfase van die toernooi, ’n groot loesing teen die einste Djokovic op die lyf geloop (hy’s met 6-4, 6-1 geklop), maar glo dít was juis die keerpunt in sy toernooi.

Volgens hom het hy ná daardie nederlaag ’n praatjie met sy afrigter, Ivan Lendl, gehad en het hulle besluit dat hy sy benadering moes verander.

Ek het nog net een van dié (ATP-jaareindtoernooi) gewen en hy (Djokovic) het vyf gewen.

Lendl het natuurlik as speler agt Grand Slam-titels verower en as afrigter ook ’n groot aandeel in Murray se sukses gehad.

“Hy het die wedstryd (teen Djokovic) ontleed en my aangesê om ’n paar dinge te verander. Ek was baie aggressiewer vandag (in die eindstryd),” het Zverev, wat die jaar in die vierde plek op die wêreldranglys gaan afsluit, gesê.

Vir Zverev sal sy volgende doelwit wees om in Grand Slam-toernooie ook reg te laat geskied aan sy geweldige talent. Hy kon verbasend genoeg nog nie verder as die kwarteindronde in die jaar se vier grootste toernooie vorder nie.

Oor ’n voorspelling deur Djokovic dat die jong Duitser nog sal kan verbeter op sy rekord van 14 Grand Slam-titels, was Zverev baie pragmaties.

“Ek het nog net een van dié (ATP-jaareindtoernooi) gewen en hy (Djokovic) het vyf gewen. Hy soveel méér titels in sy loopbaan as ek gewen. Laat ons eerder nie vir nou sulke voorspellings maak nie.”

Nadat Zverev, wat alom as Sascha bekend is, aanvanklik vir ’n jaar of twee gesukkel het om gewoond te raak aan die druk van hoë verwagtinge, dien sy 58 wedstrydseges vanjaar – die meeste deur enige speler – as bewys dat hy meer volwasse én bestendiger is.

Zverev sê dis ook nie net hy nie, maar ook ’n rits ander jong Turke wat stadig maar seker hul stempel begin afdruk.

Die Rus Karen Khachanov het onlangs met Djokovic afgereken om die Parys-meesterstoernooi te wen, terwyl die Griek Stefanos Tsitsipas vanjaar ook met die grootste name in die spel afgereken het.

“Ons het nog baie jare voor ons en baie dinge kan gebeur. Maar ek gaan my bes doen om bo uit te kom,” het Zverev gesê. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.