Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
ATP-reeks verslap sy Covid-protokols

Die ATP-reeks oorweeg nuwe protokols om sy Covid-19-beperkings vir spelers op sy toernooie te verslap, maar Wimbledon het sy deelnemers ingelig hulle sal streng aan ’n “omgewing van verminderde risiko” moet voldoen.

Verskeie tennisspelers erken die lewe in die ATP-bioborrel is nie pret nie. Foto: Getty Images

Die Daily Mail berig die ATP het ’n memorandum aan spelers en hul verteenwoordigers gestuur wat sy nuwe Covid-19-maatreëls uiteensit.

Daarvolgens sal spelers glo toegelaat word om meer vrylik by toernooie rond te beweeg, insluitende besoeke aan winkels en restaurante buite hul akkommodasie. Maar Wimbledon sal na verwagting hou by sy streng voorsorgmaatreëls wat bepaal dat deelnemers tot hul aangewysde hotelle beperk word vir die duur van die toernooi wat in Junie begin.

“Daar is ’n toename in die gereeldheid van Covid-19-toetse, dus kan baie van die beperkings verwyder word. Spelers en hul ondersteuningspanne sal toegelaat word om meer vrylik rond te beweeg, mits hulle streng aan die veiligheidsmaatreëls voldoen,” sê die ATP in sy memorandum.

Volgens die dokument sal spelers wat teen Covid-19 ingeënt is vir ses maande van toetse kwytgeskeld word.

Dit verteenwoordig ’n poging om soveel spelers as moontlik aan te moedig om hul inentings te kry.

– Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.