Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Méér slypkans vir spelers op klei
Rafael Nadal sal waarskynlik volgende maand sy titel in Rome verdedig. Foto: Getty Images

Organiseerders van die Italiaanse Meesterstennistoernooi in Rome oorweeg dit om meer spelers in die mans se enkelspel toe te laat nadat die Madrid Ope weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

Die feit dat daar nie meer ’n toernooi in Madrid sal wees nie, bring mee dat spelers wat aan die Amerikaanse Ope gaan deelneem, slegs in die Italiaanse Meesters slypkans op klei gaan kry voor die Franse Ope.

Die jaarlikse kleibaantoernooi in Rome kan van 64 spelers tot 96 uitgebrei word en kan nou tot tien dae verleng word. Die 32 gekeurde spelers sal dan eers in die tweede ronde in aksie wees.

Die ATP (Beroepspelersvereniging) het die Italiaanse Tennisfederasie met die voorstel genader en ook ekstra prysgeld daarvoor aangebied.

Die voorstel is in die stadium slegs vir die mans, met die vroue wat steeds net 64 spelers sal hê.

Die organiseerders is intussen ook hoopvol dat daar wel ’n beperkte getal toeskouers toegelaat sal word.

Die Italiaanse Meesters is veronderstel om op 20 September te begin en die Franse Ope op 27 September.

Rafael Nadal van Spanje en Tsjeggië se Karolína Plíšková was verlede jaar onderskeidelik die wenners op die Foro Italico. – Sportredaksie, ubitennis.net

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Rome  |  Madrid  |  Beroepsreeks  |  Kleibaantoernooi  |  Atp  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.