Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Aussie Ope: Toernooibaas paai spelers
Swaar reën val Woensdag op Melbourne Park, waar die Australiese Ope Maandag begin. Foto: Getty Images

Ons raadpleeg die voorste kenners.

Craig Tiley, die toernooi-direkteur van die Australiese Ope, het dié versekering Woensdag vir tennisspelers gegee.

Craig Tiley / Foto: Getty Images

Daar is kommer oor die gesondheid van spelers, beamptes en toeskouers voordat die Grand Slam-toernooi Maandag in Melbourne begin.

Die luggehalte in dié stad en omgewing is swak weens die voortslepende veldbrande oor Australië heen.

Dinsdag het spelers soos Bernard Tomic, Eugenie Bouchard en Dalila Jakupovic asemhalingsprobleme ondervind in hul kwalifiserende wedstryde.

Spelers soos Maria Sharapova en Laura Siegemund het net so swaar gekry in hul wedstryd in die Koogee Classic-vertoontoernooi. Hul wedstryd is later stopgesit.

Tiley het die spelers gevra om hom te vertrou.

“Ek en my span neem besluite op grond van raad van die voorste mediese kenners.

“Ons gaan niemand se gesondheid of welstand in gevaar stel nie.

“Ons het ’n bewese rekord as dit kom by buitensporige hitte. Ons weet hoe om dit te hanteer.”

Rafael Nadal teken Woensdag baljoggies se aandenkings. Foto: Getty Images

Tiley het egter erken die huidige situasie is ’n nuwe een vir almal.

“Ons moet staat maak op kenners wat die luggehalte betref,” het hy gesê.

Australië het Woensdag laer temperature ervaar en wydverspreide reën het geval. 

Novak Djokovic op die oefenbaan. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Craig Tiley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.