Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
'Australiese Ope bly in Melbourne'

Craig Tiley, Suid-Afrikaanse toernooidirekteur van die Australiese Ope, sê hy is bereid om “Everest uit te klim” om die jaarlikse Grand Slam weer op Melbourne Park te hou.

Dit volg ná berigte wat sê dit kan dalk verskuif word.

Craig Tiley, Australiese tennis se grootbaas, is optimisties daaroor dat volgende jaar se Australiese Ope weer in Melbourne sal plaasvind. Foto: Getty Images

Die Australiese Uitsaaikorporasie (ABC) het Maandag berig die regering voorspel dat die grense van Australië tot middel 2022 nog vanweë die Covid-19-pandemie gesluit sal wees. Dit kan meebring dat die toernooi na Dubai of Doha verskuif word omdat die spelers nie bereid is om weer in kwarantyn te gaan nie.

Die spelers was vanjaar tydens die Covid-19-pandemie aan streng maatreëls onderworpe en moes 14 dae in kwarantyn deurbring voor die jaar se eerste Grand Slam-toernooi.

Tiley sê egter daar is geen planne om 2022 se toernooi te verskuif nie.

“Ons gaan hier in Melbourne wees, ons gaan dit laat werk, dit gaan in Januarie wees,” het die uitvoerende hoof van Tennis Australië Maandag gesê.

“Ons gaan ’n manier vind om die spelers hier te kry wat tans wêreldwyd in borrels speel. Ons is die enigste land waar kwarantyn nodig is. Ons moet ’n manier kry om dit te bestuur en ons sal.”

Ons gaan ’n manier vind om die spelers hier te kry wat tans wêreldwyd in borrels speel.
Craig Tiley

Australië was tot dusver betreklik suksesvol in die bestryding van Covid-19. Sy regering beskou streng maatreëls vir diegene wat die land binnekom as ’n belangrike deel van sy strategie.

Tiley sê hy het vroeër vanjaar toe die Australiese Ope suksesvol voor minder en soms geen toeskouers gespeel is, baie geleer oor hoe om ’n toernooi tydens ’n pandemie te beplan.

Hy beskou groot saamtrekke van mense en internasionale reis as die twee “vyande” wat Covid-19 nie toelaat nie.

Tiley sê dit was ’n uitdaging om dit te kon omseil.

“Ons het gevoel asof ons die berg Everest uitgeklim het. Ons vind ons ongelukkig terug by die basiskamp. Die een positiewe ding is dat ons minstens nou ’n pad het om te volg omdat ons dit reeds een keer gedoen het.”

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Grand Slam  |  Craig Tiley  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.