Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Australiese Ope sonder toeskouers?

Dis nog nege maande voor 2021 se Australiese Ope in Melbourne, maar een van die gebeurlikheidsplanne van die organiseerders vir dié tennistoernooi is om dit met geslote deure te hou.

As die koronavirus teen vroeg volgende jaar steeds nie heeltemal in bedwang is nie, sal die organiseerders van die Australiese Ope dit oorweeg om dié toernooi met geslote deure te hou. Foto: Getty Images

Alle tennistoernooie is weens die Covid-19-pandemie voorlopig tot en met 13 Julie vanjaar afgelas. Die Olimpiese Spele is tot volgende jaar uitgestel, Wimbledon is vir die jaar gekanselleer en die Franse Ope is tot September aangeskuif. Daar is ook geen waarborg dat die toernooie wel in Julie hervat gaan word nie.

Craig Tiley, ’n gebore Suid-Afrikaner wat aan die hoof van Tennis Australië staan en ook direkteur van die Australiese Ope is, het vroeër toegegee dit gaan moeilik wees vir die spel om vanjaar hervat te word.

Die einste Tiley het nou onthul dat die organiseerders van die Aussie Ope “verskeie scenario’s” ondersoek sou die spel in die nadraai van die pandemie aan die begin van 2021 steeds sukkel.

“Daar is soveel onsekerheid oor wat in die volgende maand gaan gebeur, wat nog te sê van die volgende agt maande,” het hy in ’n verklaring gesê.

Craig Tiley, hoof van Tennis Australië, maak reeds planne vir volgende jaar se Australiese Ope. Foto: Getty Images

Tiley sê dit verg in hierdie buitengewone tye uitgebreide beplanning en dat ’n wye reeks opsies ondersoek word.

“Ons moet voorbereid wees op ’n veranderde omgewing. Ons hoop uiteraard dat ons as ’n gemeenskap so gou en veilig as moontlik deur Covid-19 kan kom.

“Ons weet egter nie watter van die huidige maatreëls, wat gebruik word om die verspreiding van die pandemie in bedwang te hou, op medium tot lang termyn nog gaan geld nie.”

Tiley sê hulle sal moet kyk wat hulle te doen staan as spelers met hul aankoms in Australië steeds vir ’n ruk lank in kwarantyn moet bly voordat hulle toegelaat sal word om vrylik rond te beweeg.

En as die maatreëls van groot samekomste ook nog geld, sal hulle die moontlikheid moet oorweeg om die toernooi met geslote deure te hou.

“Dis maar net twee van verskeie scenario’s waarna ons moet kyk.” – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.