Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Azarenka, Nadal deur na kwarteind

Victoria Azarenka is deur na die kwarteindronde van die Italiaanse Ope nadat haar teenstander Daria Kasatkina Vrydag in Rome haar enkel beseer het tydens hul kragmeting en nie die wedstryd kon voltooi nie.

Victoria Azarenka Foto: Getty Images

Met sake gelykop op 6-6 in die eerste stel, het Kasatkina haar enkelbesering opgedoen toe sy die bal gejaag het in die valbylpot, met die Belarussiese speler wat dadelik hulp gebied het.

Die 31-jarige Azarenka het vir haar ’n yspak en ’n handdoek gebring, voordat sy die Rus, wat in trane uitgebars het, tot haar stoel gehelp het waar sy verdere behandeling gekry het.

“Ek is so hartseer vir Daria, want ons het sulke goeie tennis gespeel. Ek het gevoel dat dit ’n goeie stryd was,” het Azarenka gesê.

“Sy is so ’n talentvolle speler wat heeltyd dreig om daardie deurbraak te maak. Ek het gevoel asof hierdie naby aan haar oomblik was, so dit is uiters ongelukkig dat sy beseer is.

“Ek het my en my span se hulp aangebied sou sy dit benodig. Ek hoop regtig sy herstel. Sy speel mooi en is so slim op die baan, en het my in ongemaklike situasies geplaas waar ek myself moes druk.”

Azarenka het selfs gehelp om haar teenstander se sak te pak en haar op die voorkop gesoen ná ’n lang gesprek waar sy die 23-jarige moed ingepraat het.

“Sy was baie aangenaam. Sy het gesê dat my terugkeer as ’n inspirasie vir haar gedien het,” het Azarenka bygevoeg.

“Ek het net vir haar gesê om aan te hou. Moet ooit dink dit is verby nie. Jy kan altyd harder probeer. Maak net die beste van die situasie.

“En ek dink sy sal. Sy is ’n sterk vrou. Sy het ’n groot persoonlikheid. Ek dink sy sal oukei wees.”

Azarenka sal nou volgende teen die negende gekeurde Garbine Muguruza te staan kom, wat die Brit Johanna Konta met 6-4, 6-1 geklop het.

By die mans het die tweede gekeurde Rafael Nadal sy aanslag vir sy 10de titel in Rome op koers gehou toe hy met Dusan Lajovic met 6-1, 6-3 afgereken het. Hy kruis volgende swaarde met die Argentyn Diego Schwartzman. – Reuters

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Victoria Azarenka  |  Rome  |  Italiaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.