Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty gee terug aan Aussie-gemeenskappe
Die tennisster Ashleigh Barty stel inheemse Australiese kinders tans aan dié sportsoort bloot. Foto: Getty Images

Noudat Ashleigh Barty besluit het om nié vandeesmaand aan die Amerikaanse Ope deel te neem nie, het sy meer vrye tyd.

Die wêreld se voorste vrouespeler gebruik nou haar tyd om tennis onder inheemse gemeenskappe in die noorde van Australië te bemark.

Dié 24-jarige Franse Ope-kampioen is die eerste inheemse Australiër sedert Evonne Goolagong Cawley in die 1970’s wat die nr. 1-posisie op die wêreldranglys beklee.

Inheemse Australiërs is meer vatbaar vir swakker gesondheid soos tipe 2-diabetes en hartkwale en gereelde oefening kan ’n groot verskil maak. Barty is ’n inheemse ambassadeur vir Tennis Australië en het onlangs ’n week in die noorde van Queensland deurgebring waar sy met jong mense gewerk het.

Die jeug moet geleenthede kry en deur tennis wys ek hulle wat ons sport vir hul kultuur kan doen.
Ashleigh Barty

“Die jeug moet geleenthede kry en deur tennis wys ek hulle wat ons sport vir hul kultuur kan doen,” het Barty ná ’n besoek aan ’n skool in Cairns gesê.

“Dit is regtig spesiaal om jong en ouer kinders, asook volwassenes, die geleentheid te gee om te groei en te leer hoeveel sport aan hulle kan bied.”

Tennis Australië het vandeesweek bekend gemaak hy sal oor die volgende drie jaar bykans R1 miljoen aan inheemse tennisprogramme in Queensland bestee.

“Dit is ’n groot hulpmiddel en is ’n manier vir jong kinders om ’n geleentheid raak te sien – nie net in tennis nie, maar in opvoeding en ervarings, allerlei verskillende dinge,” sê Barty.

“Tennis het my blydskap en geluk gegee. Om dit met kinders te kan deel is ongelooflik.”

Barty het verlede week gesê sy sal weens vrese oor die Covid-19-pandemie nie na New York reis vir deelname aan die Amerikaanse Ope nie. – Reuters

Meer oor:  Ashleigh Barty  |  Australie  |  Tennis  |  Gemeenskap  |  Vsa Ope  |  Diabetes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.