Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty klop Kvitova; Kenin troef Jabeur
Die Aussie-gunsteling Ashleigh Barty. Foto: Getty Images

Ashleigh Barty pak die 14de gekeurde Amerikaner Sofia Kenin in die halfeindronde van die Australiese Ope nadat die wêreld se voorste speler Dinsdag in skoonstelle met Petra Kvitova afgereken het.

AusOpen.com berig die laaste oorblywende Aussie in die toernooi het ’n taai eerste stel oorleef om die Tsjeg (sewende gekeur) met 7-6 (8/6), 6-2 te klop.

Dit was soete wraak vir die 23-jarige Barty nadat Kvitova, wenner van twee Wimbledon-titels, haar verlede jaar in die kwarteindronde in Melbourne uitgeboender het.

Barty poog om die eerste Aussie-vrou te word sedert Chris O’Neil in 1978 om die titel Doer Onder te wen.

Sofia Kenin van die VSA. Foto: Getty Images

Die 21-jarige Kenin, wat in die vorige ronde haar landgenoot Coco Gauff uitgeskakel het, het vroeër haar eerste major-halfeindstryd gehaal deur die Tunisiër Ons Jabeur te klop.

Kenin, wat in Moskou gebore is, het die ongekeurde Jabeur met 6-4, 6-4 getroef.

Jabeur, 78ste op die wêreldranglys, was die eerste Arabiese vrou om die kwarteindronde van ’n Grand Slam-toernooi te haal.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.