Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty se ouers mis belangrike wedstryd

Terwyl duisende Australiese tennisaanhangers laat gaan wakker bly om Ashleigh Barty in die Franse Ope aan te moedig, sal haar ouers honderde kilometer van Roland Garros wees.

Ashleigh Barty/Foto: Getty Images

Rob en Josie Barty was reeds in die lug op pad na Engeland toe hul 23-jarige dogter Vrydag in die halfeindronde gewen het.

Barty het Amanda Anisimova met 6-7(4), 6-3, 6-3 uitgeskakel.

Vlugte van Queensland na Londen neem 24 uur, so die trotse ouers sou nie genoeg tyd gehad het om te land en oor die Engelse Kanaal na Parys te reis nie.

Barty sal Marketa Vondrousova van die Tsjeggiese Republiek in die eindstryd pak, maar weens reën is die begin van die wedstryd Saterdagmiddag vertraag.

Barty mik daarna om die eerste Aussie-vrou in 46 jaar te word wat die vrouetitel wen.

Haar pa het vroeër aan Herald Sun gesê Ashleigh het die laaste drie jaar hard gewerk om dié punt te bereik en sy verdien die sukses wat sy nou behaal.

Haar ouers het beplan om haar by die grasbaan-seisoen te ondersteun, so haar sukses op Roland Garros het hulle ook onkant betrap.

Barty het in haar tienerjare tennis gelos vir krieket voordat sy in 2016 weer die raket opgetel het. Sy het van 325ste op die wêreldranglys na agtste opgeskuif.

Die Aussie het begin vanjaar in haar eerste toernooi die eindstryd in Sydney gehaal, en twee weke daarna die eerste keer in die kwarteindronde van ’n Grand Slam-toernooi gespeel – in die Australiese Ope.

Sy het in Maart haar vierde WTA-titel behaal met ’n oorwinning in die Miami Ope.

“Ek is trots op die manier hoe ek kon bly veg, en vasbyt om ’n oorwinning te beklink,” sê Barty. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Ashleigh Barty  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.