Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty wen grootste prysgeld nóg
Ashleigh Barty van Australië met die trofee na sy die WTA-Eindtoernooi Sondag in Shenzhen, China gewen het. Foto: Getty Images

Die wêreld se voorste vrouetennisspeler Ashleigh Barty het haar vloek teen die verdedigende kampioen Elina Svitolina op skouspelagtige wyse beëindig toe sy Sondag die WTA-reeks se jaareindtoernooi gewen het.

Barty het die grootste prysgeld in die geskiedenis van tennis – ’n lywige tjek van $4,42 miljoen (meer as R66 miljoen) opgeraap het.

Barty, wat Svitolina in vyf vorige probeerslae nie kon klop nie, het dié keer binne ’n uur en 26 minute met 6-4, 6-3 oor die Oekraïner gerol.

Barty het vir die eerste keer ooit in die WTA-jaareindtoernooi gespeel en net een nederlaag gely, teen die Nederlander Kiki Bertens. Sy is die vyfde debutant wat dié winsgewende rondomtalie-toernooi wen.

Svitolina kon nog nie weer ’n trofee lig sedert sy die WTA-titel verlede jaar in Singapoer gewen het nie. Sy het die afgelope week net een stel verloor op pad na die eindstryd, maar kon nie in die titelstryd self antwoorde op Barty se vrae lewer nie. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.