Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty wil grotes se prestasies nadoen

Die visier van Ash Barty, Wimbledon se nuwe vroue-kampioen, is nou op Olimpiese goud.

Ash Barty met die Wimbledon-trofee. Haar volgende doelwit is ’n goue medalje op die Olimpiese Spele. Foto: Reuters

Die wêreld se nommereen-tennisspeler, wat in Saterdag se eindstryd met Karolina Pliskova afgereken het, hoop om in die voetspore van drie legendes in vrouetennis te volg.

Steffi Graf (1988), Venus Williams (2000) en Serena Williams (2012) is die enigste vroue in die ope-era wat Wimbledon én die Olimpiese enkelspel-titel in dieselfde jaar verower het.

Graf het trouens in 1988 die “Super-Slam” behaal deur Olimpiese goud en al vier die Grand Slam-toernooie te wen.

Barty het gesê dit is belangrik om haar spesiale mylpaal op Wimbledon te vier, maar sy streef ook ander doelwitte en drome na. “My fokus sal in die volgende paar dae daarop wees en ek sien baie uit na die Olimpiese Spele. Dit gaan ’n ongelooflike ervaring wees.”

Die Olimpiese tennistoernooi begin op 24 Julie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Wimbledon  |  Tennis  |  Ash Barty
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.