Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Barty wil lang Aussie-droogte breek

Die wêreld se voorste vrouetennisspeler, Ashleigh Barty van Australië, gaan die naweek probeer om die Fedbeker-reeks vir die eerste keer in 45 jaar vir haar land te help wen.

Australië pak Frankryk in Perth om dié groot prys.

Die Aussie Ashleigh Barty lei haar land se aanslag die naweek in die Fedbeker-eindstryd teen Frankryk in Perth. Foto: Getty Images

Barty beleef die beste jaar in haar loopbaan. Sy het in Mei haar eerste Grand Slam-titel behaal toe sy die Franse Ope gewen het. Sy het ook die WTA-eindtoernooi die afgelope naweek in Sjenzen, China, gewen.

Sy het ook gewys dat sy puik is in Fedbeker-kragmetings en het haar laaste nege enkelspelwedstryde in dié kompetisie gewen.

Barty was die verskil tussen die twee spanne toe Australië vir Belarus met 3-2 in die halfeindronde van vanjaar se reeks getroef het. Sy het al drie wedstryde waarin sy betrokke was, gewen.

Dit het haar die eerste vrou van enige land gemaak om al drie wedstryde van ’n kragmeting te wen in beide die eerste ronde en die halfeindronde sedert dié formaat in 1995 in werking getree het.

“Wanneer jy jou land verteenwoordig en in die eindstryd van die Fedbeker-reeks speel, is dit maklik om gemotiveerd te wees,” sê Barty. Sy lei die span, wat ook uit Ajla Tomljanovic en die veteraan Sam Stosur bestaan.

“Ek is mal oor die formaat en ek gaan regtig die week geniet.”

Australië is die derde mees suksesvolle land in die geskiedenis van Fedbeker-tennis met sewe titels. Slegs die VSA met 18 en die Tsjeggiese Republiek met 11 (vyf is gewen voor die land geskei het van Slowakye) het meer gewen.

Die Aussies was egter selde ’n faktor in dié reeks die afgelope drie dekades. Hy het die eindstryd gehaal in 1993, maar sy laaste titel in 1974 gewen. Die Aussie Evonne Goolagong, was toe die wêreld se voorste speler en toe op die kruin van haar loopbaan.

Plaaslike ondersteuners sien baie ooreenkomste tussen die huidige span en die kampioen van 1974.

’n Inheemse Australiër, Goolagong, het die span gelei in die 1974-eindstryd teen die VSA, nadat sy daardie jaar die Australiese Ope en die WTA-eindtoernooi gewen het.

Barty is Australië se eerste nr.1-speler op die vroue-wêreldranglys sedert haar mentor Goolagong.

* Frankryk se span is Caroline Garcia, Alize Cornet en Kristina Mladenovic. – Reuters

Meer oor:  Fedbeker  |  Ashleigh Barty
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.