Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Belinda laat Switserse vlag steeds wapper
Belinda Bencic Foto: Getty Images

Die 13de gekeurde Belinda Bencic het, met Roger Federer se vertrek die vorige dag, Switserland se vlag steeds laat wapper by die Amerikaanse Ope toe sy Donna Vekic van Kroasië Woensdag in New York geklop het om haar eerste Slam-halfeind te haal.

Bencic het voortgebou op haar sege oor die kampioen, Naomi Osaka, in haar vorige wedstryd en haar goeie vriendin met 7-6(5), 6-3 uitgeskakel.

Syhet wraak neem nadat Vekic haar vroeër vanjaar in die Franse Ope geklop het.

Die wedstryd het regdeur baie gelykop verloop.

Die 22-jarige Bencic, wat in haar tienerjare gestaal is deur Melanie Molitor, die ma van Martina Hingis, se sterk afslaan was een van die min verskille tussen die twee spelers.

Die 22-jarige Bencic, wat in haar tienerjare gestaal is deur Melanie Molitor, die ma van Martina Hingis, se sterk afslaan was een van die min verskille tussen die twee spelers.

Sy het agt kishoue gemoker, maar ook sewe dubbelfoute begaan.

Die 23ste gekeurde Vekic het in die negende pot die eerste breekpunt van die wedstryd teen ’n duidelik gefrustreerde Bencic gehad.

Sy het dit benut om op 5-4 vir die eerste stel af te slaan, maar Bencic, wat intussen bedaar het, het onmiddellik teruggebreek om dit 5-5 te maak.

Bencic, wat deesdae deur haar pa afgerig word, het ’n stelpunt op 5-6 (30-40) gehad, maar sy kon die eerste stel eers met die valbylstryd in ’n uur beklink

Die wenner het in die sewende pot van die tweede stel die voortou geneem nadat sy met Vekic se vorige afslaanpot ’n kans om te breek verbeur het.

Sy het aan die einde met haar derde wedstrydpunt die wedstryd in ’n uur en 40 minute beklink.

Bencic kom nou te staan teen die 15de gekeurde Bianca Andreescu van Kanada of die 25ste gekeurde Elise Mertens van België.

Meer oor:  Belinda Bencic  |  Flushing Meadows  |  New York  |  Amerikaanse Ope  |  Tennis  |  Grand Slam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.