Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tomas Berdych bêre sy tennisraket

Die Tsjeggiese tennisspeler Tomas Berdych het Saterdag in Londen sy uittrede aangekondig.

Tomas Berdych van die Tsjeggiese Republiek in aksie op Wimbledon. Foto: Getty Images

Hy was tussen 2010 en 2016 gereeld in die top-10 met ’n hoogste plek van nr. 4.

Die 34-jarige Berdych het nog nie weer gespeel nie sedert hy in Augustus in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope verloor het.

Die Tsjeg het in ’n loopbaan van 17 jaar 13 enkelspeltitels gewen.

Berdych het net in een Grand Slam-eindstryd gespeel. Hy is in 2010 deur Rafael Nadal op Wimbledon geklop.

Hy was ’n lid van die Tsjeggiese span wat in 2012 en 2013 twee agtereenvolgende Davisbeker-titels gewen het.

Berdych sê dit was sy nederlaag teen die kwalifiseerder Jenson Brooksby in New York wat hom oortuig het dit is tyd om halt te roep.

“Ek weet nie die presiese dag en datum nie, maar dit was kort ná die Amerikaanse Ope.

“Jy probeer jou allerbeste en dan is die uitslag wat dit is.

“As jy só hard moet werk om die eerste wedstryd te wen, speel jy eintlik teen jouself,” sê Berdych. – Reuters

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.