Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Beseerde Naomi Osaka reis nie na Parys
Naomi Osaka met haar Amerikaanse Ope-trofee. Foto: Getty Images

Naomi Osaka het haar weens ’n dyspierbesering aan die Frans Ope onttrek.

Die 22-jarige Japanner het verbande om haar linkerbeen gedra toe sy Saterdag ’n terugvegpoging teen Victoria Azarenka in die eindstryd van die Amerikaanse Ope in New York gelewer het om haar derde Grand Slam-titel te verower.

“Ek is ongelukkig nie in staat om vanjaar in die Franse Ope te speel nie,” sê Osaka, derde op die wêreldranglys, in ’n boodskap in sosiale media.

“My dyspier is steeds seer en ek sal nie genoeg tyd hê om voor te berei vir die klei nie – hierdie twee toernooie het vir my hierdie keer te naby aan mekaar gevolg.”

Die Franse Ope word van 27 September tot 11 Oktober beslis. Dit vind gewoonlik in Mei en Junie plaas, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel.

View this post on Instagram

??

A post shared by ????? ???????????? (@naomiosaka) on

Die onttrekking van Osaka, wat nog nooit voorheen verby die derde ronde by Roland Garros kon vorder nie, is nog ’n terugslag vir die toernooi nadat die wêreldnommereen, Ash Barty van Australië, gesê het sy gaan weens kommer oor Covid-19 nie haar titel in Parys verdedig nie.

In die mansloting herstel Roger Federer steeds van ’n knieoperasie en hy gaan die toernooi misloop.

Osaka se afwesigheid sal Serena Williams se kanse ’n hupstoot gee om haar 24ste Grand Slam-titel te wen, maar die Amerikaner het haar aan vandeesweek se Italiaanse Ope onttrek weens ’n Achilles-probleem. Dit is dus onseker of sy aan die Franse Ope gaan deelneem.

Die FFT, die beheerliggaam vir tennis in Frankryk, het Donderdag gesê hy gaan slegs 5 000 toeskouers per dag toelaat nadat die getal Covid-19-gevalle in dié land onlangs vermeerder het.

Die FFT het voorheen gesê die kleibaan-major sal 11 500 toeskouers per dag toelaat.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.