Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Besering skouer Osaka uit spogtoernooi
Naomi Osaka Sondag teen Petra Kvitova in aksie. Sy het haar regterskouer beseer en sal nie verder aan die WTA-eindtoernooi in China deelneem nie. Foto: AP

Naomi Osaka het haar Dinsdag weens ’n skouerbesering aan die WTA-eindtoernooi onttrek, wat vandeesweek in Shenzhen, China, beslis word.

Dié Japannees, die wêreld se nr. 3-speler, sou Australië se Ashleigh Barty Dinsdag gepak het, maar haar plek word nou deur die Nederlander Kiki Bertens geneem.

“Dis ’n groot jammerte en teleurstelling dat ek moes onttrek. Dis die WTA se grootste toernooi van die jaar en dis nie die wyse waarop ek die toernooi of my seisoen wou eindig nie,” sê Osaka.

Osaka, voorheen die wêreld se nr. 1-speler, het Sondag haar eerste wedstryd in Shenzhen met 7-6(1), 4-6, 6-4 teen die Tsjeg Petra Kvitova gewen.

* Die wêreld se topagt-vroue in die enkelspel en die agt voorste dubbelspelpare is almal in die WTA-eindtoernooi slaags. Altesaam $14 miljoen (sowat R200 miljoen) se prysgeld is op die spel.

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.