Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Bianca sê Serena-droom is bewaarheid

Die 19-jarige Kanadees Bianca Andreescu het ’n plek in haar eerste Grand Slam-eindstryd bespreek nadat sy Belinda Bencic van Switserland vroeg Vrydagoggend (SA tyd) geklop het.

Bianca Andreescu van Kanada sal Saterdag teen Serena Williams in die eindstryd van die Amerikaanse Ope te staan kom.Foto: Getty Images

Williams het die Oekraïene se Elina Svitolina sonder veel moeite met 6-3, 6-1 kafgedraf en seker gemaak dat sy sake Saterdag in die eindstryd om haar 24ste Grand Slam-titel gaan uitspook.

Die Kanadese tiener moes egter heelwat dieper delf om Bencic in ’n uitstekende vertoning om te dop.

Andreescu het dié stryd met 7-6 (7/3), 7-5 gewen.

Soos verwag, was dit ’n taai stryd tussen die 15de gekeurde Andreescu en die 13de gekeurde Bencic, met veral die eerste stel waarin daar nie veel tussen die twee te onderskei was nie.

Andreescu het na ’n hoër rat oorgeskakel en die eerste stel beklink om beheer van die wedstryd te neem.

Bencic het egter alles in die stryd gewerp in die tweede stel, waarin sy twee keer deurgebreek het om binne ’n oogwink met 4-1 voor te loop.

Dis hier waar Andreescu gewys het dat sy nie sommer met haar rug teen die muur die handdoek sal ingooi nie.

Sy het kalm gebly en self twee keer deurgebreek om al die momentum terug te vat en Bencic se doppie te beklink – ’n uitslag wat haar duidelik self verras het.

Nadat sy die wedstryd gewen het, het sy dadelik haar hande op haar kop gesit asof sy onseker van die uitslag is.

“Dis net onwerklik,” het sy gesê.

“Dis ’n droom wat bewaarheid is om teen Serena in die eindstryd van die Amerikaanse Ope te speel.”

Die twee sal mekaar nou die eerste keer pak sedert die Rogersbeker-toernooi in Montreal, Kanada, waar die wedstryd kortgeknip is toe Williams haar weens ’n besering moes onttrek.

Andreescu was nog nie eens gebore toe Williams in 1999 die eerste keer die titel op die Amerikaanse Ope verower het nie. - Reuters 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.