Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Boris samel byna R12 m. in met veiling

’n Aanlyn veiling van die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker se trofees en memorabilia het meer as £680 000 (R11,9 miljoen) opgelewer.

Memorabilia van die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker is opgeveil om sy skuld te delg. Foto: Getty Images

Die £150,250 wat aangebied is vir ’n replika van die Amerikaanse Ope-trofee wat Becker in 1989 gewen het, is die hoogste bod wat ontvang is.

Becker, wenner van ses Grand Slam-titels en Olimpiese goud in die dubbelspel by die Spele in Barcelona in 1992, is in Junie 2017 bankrot verklaar weens sy skuld aan die bank Arbuthnot Latham.

Die veiling is georganiseer deur die trustees wat sy bankrotskap hanteer om die 51-jarige Duitser se krediteure terug te betaal.

Davisbeker-trofees, medaljes en kledingstukke is te koop aangebied.

’n Veiling van memorabilia is in 2018 georganiseer, maar later uitgestel nadat Becker aanspraak gemaak het op diplomatieke vrystelling van regsaksie. Hy sê hy is aangewys as die attaché vir sport en kultuur van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

“Die hoogste bod wat ons in 2018 ontvang het vir die replika van die 1989 Amerikaanse Ope-trofee was £36 000 en vanjaar was dit £150,250, wat fantasties is,” sê Mark Ford, een van die trustees van die boedel van Boris Becker.

Ford hoop verskeie van Becker se verlore Grand Slam-trofees sal opgespoor word. Becker het in 2018 in die openbaar ’n beroep om hulp gedoen nadat hy besef het die trofees is misplaas.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Boris Becker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.