Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Boris se bekers, kouse vir R3,6 miljoen te koop

Memorabilia van die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker ter waarde van ongeveer £200 000 (meer as R3,6 miljoen) word opgeveil om sy skuld te delg.

Boris Becker vier sy sege oor Kevin Curren met 6-3, 6-7 (4-7), 7-6 (7-3), 6-4 in die Wimbledon-eindstryd op 7 Julie, 1985. Foto: Getty Images

Replikas van die Wimbledon-, Amerikaanse Ope- en Davisbeker-trofees, asook medaljes en kledingstukke word te koop aangebied.

BBCSport berig die veiling is georganiseer deur die trustees wat sy bankrotskap hanteer om die 51-jarige Duitser se krediteure terug te betaal.

“Ons beskou hierdie as ’n eenmalige gebeurtenis,” sê die afslaer Wyles Hardy & Co.

“Stukke soos hierdie was al selde beskikbaar op die ope mark.

Becker, wenner van ses Grand Slam-titels, is in Junie 2017 bankrot verklaar weens sy skuld aan die bank Arbuthnot Latham.

’n Veiling van memorabilia is destyds georganiseer, maar later uitgestel nadat Becker aanspraak gemaak het op diplomatieke vrystelling van regsaksie. Hy het gesê hy is aangewys as die attaché vir sport en kultuur van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Becker het egter sy aanspraak op vrystelling in Desember laat vaar, wat die weg gebaan het vir ’n nuwe veiling om plaas te vind.

Behalwe vir die replika-trofees is daar horlosies, rakette, gedenkglase, sweetbande en selfs kouse beskikbaar op die aanlyn veiling wat tot 11 Julie duur.

“Ons is in ons noppies dat die veiling nou kan voortgaan omdat hierdie bates een van die min oorblywende bates van die bankrotskap is, en ons verwag om later vanjaar dividende aan die krediteure te verklaar,” sê Mark Ford, een van die trustees van die boedel van Boris Becker.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Boris Becker  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.