Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Boris sê wie is beste buiten Groot Drie
Die voormalige tennisster Boris Becker onthul sy gunsteling om die ‘Groot Drie’ se oorheersing van Grand Slams te beëindig. Foto: Getty Images

Bespiegeling in die tenniswêreld neem toe oor wanneer ’n “Next Gen”-speler uit die nuwe generasie ’n Grand Slam-titel sal wen.

Novak Djokovic, nommereen op die wêreldranglys, het die Australiese Ope in Januarie beklink voordat die sport in Maart weens die Covid-19-pandemie opgeskort is.

Die jong sterre Dominic Thiem (Australiese Ope) en Daniil Medvedev (Amerikaanse Ope) het die afgelope twee Grand Slam-eindstryde gehaal en naelskraap in vyf stelle teen onderskeidelik Djokovic en Rafael Nadal verloor. Thiem het ook in 2019 en 2018 die eindstryd van die Franse Ope gehaal. Maar die Groot Drie kraai steeds koning.

Djokovic, Nadal en Roger Federer het die afgelope 17 jaar tussen hulle 56 Grand Slams verower, terwyl hulle die laaste 13 major-titels tussen hulle ingepalm het, met Djokovic en Nadal wat vyf elk gewen het en Federer drie.

Dominic Thiem het die afgelope drie jaar in drie Grand Slam-eindstryde gespeel. Foto: Getty Images

Tennis365 berig Boris Becker, ’n voormalige wêreldnommereen, sê prontuit Thiem is die beste speler buiten Djokovic, Nadal en Federer. Die Duitser hoop 2021 sal uiteindelik die jaar wees wanneer die volgende generasie sy stempel afdruk.

“Die beste speler agter die ‘Groot Drie’ is Dominic Thiem. Hy het die ondervinding van Grand Slam-eindstryde en het uitstekend teen Djokovic in die Australiese Ope in Januarie vertoon,” sê die wenner van ses Grand Slams.

“Ek geniet dit ook om Stefanos Tsitsipas in aksie te sien, terwyl Alexander Zverev in Australië vir ons gewys het hy kan mededingend op Grand Slam-vlak wees.”

Becker sê hy sou graag wou sien dat Djokovic, Federer en Nadal geklop word, maar terwyl hul steeds hul beste tennis speel.

“Miskien is 2021 die jaar wat die jong Turke hul deurbraak sal maak, want dan is hulle ’n jaar meer ervare en die ouer spelers ’n jaar ouer,” sê hy.

“Ek wil nie hê die jonger generasie moet eers oorneem wanneer die topdrie te oud is en eintlik nie meer kan meeding nie.” – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Roger Federer  |  Daniil Medvedev  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.