Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Bouchard help man om beter te hoor
Eugenie Bouchard het haar oor ’n ondersteuner ontferm. Foto: Getty Images

Nadat die Kanadese tennisspeler Eugenie Bouchard op sosiale media gelees het van ’n desperate ondersteuner wat aandenkings wil verkoop om ’n gehoorapparaat te kan bekostig, het sy besluit om haar eie sak te skud.

Die ondersteuner het die afgelope week op Twitter in ’n plasing, waarin die tennisster gemerk is, geskryf dat sy jare gelede ’n geskenkpak, wat onder meer ’n pet bevat wat deur Bouchard geteken is, gewen het.

“Ek verkoop dit om my te help om geld in te samel vir ’n nuwe gehoorapparaat. Stuur vir my ’n direkte boodskap indien jy belangstel,” het die ondersteuner aan Bouchard gesê.

Ek verkoop dit om my te help om geld in te samel vir ’n nuwe gehoorapparaat. Stuur vir my ’n direkte boodskap indien jy belangstel.

Bouchard (26), wat die eindstryd van Wimbledon in 2014 gehaal het, het egter vinnig geantwoord dat die ondersteuner asseblief nie haar aandenkings moet verkwansel nie, omdat sy haar sal help met ’n gehoorapparaat.

Die plasing en reaksie het nie ongesiens in die virtuele wêreld verbygegaan nie, want kort daarna het ’n maatskappy wat gehoortoestelle vervaardig, aangebied om ’n gratis stel aan die ondersteuner te verskaf, berig newschain.uk.

Hierop het Bouchard geantwoord: “Dit is ’n kettingreaksie van goeie gebare. Ek hoop dit werk uit, maar ek stuur steeds een.” – Sportredaksie


Meer oor:  Eugenie Bouchard  |  Kanada  |  Tennis  |  Ondersteuner  |  Twitter  |  Gehoorapparaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.