Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Bryan-tweeling tree in 2020 uit tennis
Die tweeling Mike (links) en Bob Bryan vier op kenmerkende wyse fees tydens die Wimbledon-toernooi in 2013. Foto: Getty Images

Bob en Mike Bryan, die suksesvolste dubbelspelpaar in die geskiedenis van tennis, gaan hul rakette ná volgende jaar se Amerikaanse Ope wegpak.

Dié 41-jarige Kaliforniese tweeling, bekend om hul kenmerkende borsstamp-feesviering, gaan groet by die toernooi in New York waar hulle in 1995 hul Grand Slam-debuut gemaak het.

Dié broers, wat die afgelope 25 jaar bykans eksklusief saam gespeel het, het ’n verstommende 118 beroepstitels as dubbelsduo ingeryg. Dít sluit 16 Grand Slam-krone en vier ATP-eindtoernooititels in.

Daarbenewens het die Bryan-broers in 2012 Olimpiese goud verower en was hulle in 2007 lid van Amerika se triomfantelike Davisbeker-span.

Mike het in 2018 nog twee Grand Slam-titels saam met Jack Sock verower toe Bob op die kantlyn was met ’n heupbesering.

Die broers het in ’n verklaring hul loopbaan saam as ’n “betowerende reis” bestempel.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Bob Bryan  |  Mike Bryan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.