Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Bulgare sonder Dimitrov in die Kaap
Grigor Dimitrov vier sy verrassende oorwinning oor Roger Federer in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope in New York.Foto: Getty Images

Bulgarye sal nie die tennisster Grigor Dimitrov tot sy beskikking hê wanneer hy Suid-Afrika eersdaags in ’n Davisbeker-kragmeting die stryd aansê nie.

Dimitrov het die tenniswêreld aan die gons nadat hy Dinsdagaand met Roger Federer in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope afgereken het.

Suid-Afrika het op sy beurt nie ’n plaasvervanger vir Nik Scholtz aangewys vir die kragmeting wat op 13 en 14 September in Kaapstad beslis word nie.

Ruan Roelofse gaan dalk in een van Suid-Afrika se enkelspelwedstryde in sy komende Davisbeker-kragmeting met Bulgarye ingesluit word.Foto: Gallo Images

Scholtz (28) se laaste ITF-wedstryd was in Desember verlede jaar.

Die span bestaan nou uit net vier spelers. Die dubbelspelspeler Ruan Roelofse of die jong Philip Henning kan in die tweede enkelspelwedstryd ingespan word.

Die lande gaan by die Kelvin Grove-klub in ’n Euro/Afrika Groep II-wedstryd speel.

Suid-Afrika se Lloyd Harris, tans die wêreld se nr. 100-speler, spog met die beste ranglysposisie in die kragmeting.

Harris en die dubbelspelspeler Raven Klaasen was in die Amerikaanse Ope in aksie.

Opkomende spelers soos Richard Thongoana en Bertus Kruger, wat kollege-tennis in Amerika speel, en die huidige SA o.18-kampioen, Joubert Klopper, sal saam met die SA span oefen.

Dimitar Kuzmanov, 294ste, is die besoekers se voorste speler op die wêreldranglys.

Spanne: Suid-Afrika: Lloyd Harris, Ruan Roelofse, Raven Klaasen en Philip Henning.

Bulgarye: Dimitar Kuzmanov, Alexandar Lazarov, Alexander Donski, Gabriel Donev en Adrian Andreev.

Meer oor:  Ruan Roelofse  |  Grigor Dimitrov  |  Bulgarye  |  Kaapstad  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.