Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Byna alle deelnemers virusvry

Byna 500 Australiese Ope-spelers en personeel wat in kwarantyn was in ’n hotel waar ’n werker positief getoets is vir Covid-19 is virusvry.

Craig Tiley, toernooidirekteur van die Australiese Ope. Foto: Getty Images

Volgens Craig Tiley, toernooidirekteur, wag ’n verdere 12 nog op hul toetsuitslae.

Tiley het Vrydag gesê 495 mense onder die Australiese Ope-groep van 507 wat by die Grand Hyatt in Melbourne tuisgegaan het, is negatief getoets.

“Sover is almal negatief. Daar is ’n handjievol wat nog op uitslae wag eenvoudig omdat hulle later die aand getoets is,” sê Tiley.

Die Australiese Ope-groep by die Grand Hyatt, wat 160 spelers ingesluit het, is aangesê om getoets te word en te isoleer nadat gesondheidsbeamptes bevestig het ’n werker by die hotel het positief getoets vir Covid-19.

Opwarmingswedstryde by Melbourne Park is Donderdag afgelas, maar sal na verwagting Vrydag hervat word.

Die spelers wat negatief getoets is, mag aan die ses opwarmingstoernooie by die Grand Slam-stadion deelneem om ná 14 dae in kwarantyn hul wedstrydfiksheid te herwin.

Victoria, met Melbourne as sy hoofstad, het Vrydag geen nuwe gevalle aangemeld nie.

Owerhede het toestemming gegee vir 30 000 toeskouers per dag, sowat 50% kapasiteit, by die Australiese Ope, wat Maandag begin. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Craig Tiley  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.