Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
CAS hoor Yastremska se appèl
Dayana Yastremska was uit die veld geslaan nadat sy positief vir verbode middels getoets is. Foto: Getty Images

Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het met verrigtinge begin in ’n dringende appèl deur Dayana Yastremska sodat ’n besluit geneem kan word oor haar deelname aan die Australiese Ope.

Die Oekraïense tennisster, 29ste op die wêreldranglys, is vroeër vandeesmaand voorlopig geskors nadat die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) ’n verbode middel in haar urinemonster gevind het.

Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) het Yastremska se aansoek om die skorsing op te hef van die hand gewys terwyl sy voorberei vir die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar wat op 8 Februarie in Melbourne begin.

“CAS het met sy arbitrasie begin en die partye het ooreengekom om die verrigtinge te bespoedig sodat ’n besluit teen 3 Februarie geneem kan word,” sê CAS in ’n verklaring.

Yastremska (20) het die urinemonster in November verskaf en ’n Wada-laboratorium in Montreal, Kanada, het mesterolone metaboliet, ’n anaboliese ensiem op sy lys van verbode middels, daarin gevind.

Yastremska, wat haar in Melbourne saam met 72 ander spelers in kwarantyn bevind, ontken dat sy opkikkers gebruik het. Sy glo die positiewe toets is die gevolg van ’n “besmettingsvoorval”.

– Reuters

Meer oor:  Itf  |  Australiese Ope  |  Verbode Middels  |  Tennis  |  Wada  |  Opkikkers  |  Dayana Yastremska
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.