Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Chanel bly op wenpad in Turkye

Daar is geen keer aan die segetog van Suid-Afrika se Chanel Simmonds in Turkye nie.

Chanel Simmonds. Foto: TSA

Die eerste gekeurde het die halfeindstryd van haar tweede ITF-toernooi in Antalya gehaal, nadat sy verlede week se toernooi daar gewen het.

Sy het Rusland se Ekaterina Ovcharenko met 6-1, 6-0 in Vrydag se kwarteindstryd afgeransel.

Dit was haar agtste agtereenvolgende sege in Turkye en sy het nog steeds nie ’n enkele stel verloor nie.

Simmonds het Duitsland se vierde gekeurde

Laura Schaeder met 6-2, 6-1 Sondag in die eindstryd van die vorige toernooi geklop.

Die 26-jarige Simmonds speel Saterdag in die halfeindstryd teen die 18-jarige Anna Kubareva van Belarus. 

Meer oor:  Tennis  |  Turkye  |  Chanel Simmonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.