Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Chanel wen 2 titels in Suid-Korea
Chanel Simmonds

Suid-Afrika se Chanel Simmonds (26) het ’n goeie week agter die blad in Tsjangwon, Suid-Korea, waar sy in ’n tennistoernooi met die enkelspel- sowel as die dubbelspeltitels weggestap het.

Dit was die 26-jarige se eerste enkelspeltitel in agt jaar in ’n ITF-$25 000-toernooi.

Sy het die eerste gekeurde Lee Ya-Hsuan van Taiwan in die eindstryd met 6-3, 7-5 geklop.

Simmonds en Hsu Chieh-Yu van Taiwan het Choi Ji-Hee (Suid-Korea) en Lee (Taiwan) met 6-3, 6-4 in die dubbelspel-eindstryd getroef.

“Ek is baie bly om weer ’n $25 000-toernooi te kon wen. Die laaste een wat ek gewen het, was in 2011.

Ek is baie bly om weer ’n $25 000-toernooi te kon wen. Die laaste een wat ek gewen het, was in 2011.
Chanel Simmonds

“Om die dubbels in dieselfde week te wen, het dit soveel beter gemaak,” sê Simmonds.

Sy was ook bly om die Suid-Afrikaanse afrigter Tucker Vorster byderhand te hê.

“Dit het beslis gehelp. My pa was ook by die halfeindstryde en eindstryde, wat dit nog meer spesiaal gemaak het om twee trofeë te wen.”

Simmonds gaan in die volgende drie weke in nog drie $25 000-toernooie in Suid-Korea speel. – Sportredaksie, TSA

Meer oor:  Chanel Simmonds  |  Suid-Korea  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.