Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Chardy is Djokovic se 1ste hekkie

Novak Djokovic sal die verdediging van sy Australiese Ope-titel teen die Fransman Jérémy Chardy begin, terwyl die verdedigende vrouekampioen, die Amerikaner Sofia Kenin, haar veldtog teen die promotorskeuse Maddison Inglis begin.

Novak Djokovic se eerste hekkie in die eerste ronde van die Australiese Ope is die Fransman Jérémy Chardy. Foto: Reuters

Die loting vir die jaar se eerste Grand Slam-tennistoernooi, wat Maandag begin, is Vrydag gedoen.

Djokovic, die nr. 1-manspeler in die wêreld, het verlede jaar ’n rekord agtste titel op Melbourne Park gewen. Hy het toe met Dominic Thiem afgereken, wat die derde gekeurde is. Hy sal in die eerste ronde teen Mikhail Kukushkin te staan kom.

Die loting was glad nie gunstig vir die Suid-Afrikaner Kevin Anderson nie. Die ongekeurde Anderson moet Matteo Berrettini, wat tans puik speel, uit sy pad rol as hy verder as die eerste ronde wil vorder. Die Italianer het vroeër vandeesweek in die toernooi om die ATP-beker met Thiem afgereken.

Die ander Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, se eerste teenstander is Mikael Torpegaard van Denemarke.

Rafael Nadal, die tweede gekeurde, se eerste wedstryd is teen Laslo Djere van Serwië.

Daniil Medvedev is die vierde gekeurde, maar het ’n taai kalant, Vasek Pospisil, wat in sy eerste wedstryd op hom wag.

Ashleigh Barty is die eerste gekeurde in die vroue-enkelspel. Foto: Getty Images

Die opkomende sterre Jannik Sinner (Italië) en Denis Shapovalov (Kanada) se kragmeting kan vir ’n hoogtepunt in die eerste ronde sorg.

Stefanos Tsitsipas is vyfde gekeur en het ook ’n potensieel moeilike stryd wat wag teen die Franse veteraan Gilles Simon.

Alexander Zverev (6) en Andrey Rublev (7) het betreklik makliker eerste hekkies om oor te seil teen onderskeidelik Marcos Giron en Yannick Hanfmann.

Australiese tennisaanhangers se hoop op ’n eerste plaaslike vroue-enkelspelkampioen sedert 1978 rus op die skouers van Ashleigh Barty, die eerste gekeurde. Dié 24-jarige Aussie pak Danka Kovinic in die eerste ronde.

Die Amerikaner Serena Williams, wat nogmaals sal poog om Margaret Court se rekord van 24 Grand Slam-enkelspeltitels te ewenaar, begin haar veldtog teen Laura Siegemund.

Naomi Osaka, die 2019-kampioen Doer Onder, het ’n paar potensieel taai teenstanders, die eerste teen Anastasia Pavlyuchenkova, wat al die kwarteindronde in Australië gehaal het.

Die Japannees kan in die volgende twee rondes teen Caroline Garcia of Ons Jabeur te staan kom voor ’n moontlike vierderondestryd teen Garbine Muguruza of Angelique Kerber.

Osaka is die derde gekeurde.

Simona Halep, die tweede gekeurde, se eerste teenstander is die promotorskeuse Lizette Cabrera.

Die vyfde gekeurde Elina Svitolina speel teen Marie Bouzková.

Iga Swiatek, die Franse Ope-kampioen, pak Arantxa Rus en Venus Williams se eerste teenstander is Kirsten Flipkens. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.