SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tennis
Clijsters keer op 36 terug na tennisbaan

’n Voormalige voorste vrouespeler ter wêreld, Kim Clijsters van België, gaan op 36-jarige ouderdom ’n terugkeer tot beroepstennis maak.

Kim Clijsters is lus om nog ’n slag beroepstennis te speel. Foto: Gallo Images

Clijsters het in 2007 die eerste keer uitgetree om met ’n gesin te begin.

Sy het in 2009 teruggekeer en die Amerikaanse Ope (twee keer), asook die Australiese Ope, gewen voordat sy in 2012 ’n tweede keer uitgetree het.

Clijsters het 41 enkelspeltitels in haar loopbaan gewen wat vier Grand Slam-titels insluit.

Haar eerste beroepswedstryd was toe sy 15 was en sy was 29 in haar laaste toernooi, die Amerikaanse Ope van 2012, volgens wtatennis.com.

Sy is nou ’n ma van drie. Haar dogter, Jada, is in 2008 gebore gevolg deur twee seuns, Jack (2013) en Blake (2016). Sy het ná haar loopbaan ’n speler of wat bygestaan as afrigter en was ook gereeld ’n kommentator.

Sy sal vroeg volgende jaar amptelik weer die baan betree. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Kim Clijsters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.