Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Clijsters, Roddick by heldesaal ingehuldig

Die voormalige wêreld-nommereenspelers en Grand Slam-kampioene Kim Clijsters en Andy Roddick tel onder vyf mense wat Saterdag in tennis se heldesaal ingehuldig sal word.

Die Belg Kim Clijsters. Foto’s: Getty Images
Andy Roddick

België se Clijsters (34) het die Amerikaanse Ope-titel in 2005, 2009 en 2010 beklink en by die Australiese Ope in 2011 geseëvier.

Sy was 19 weke boaan die ranglys en het 41 WTA-titels gewen voordat sy in 2012 uitgetree het.

Roddick (34) was 13 weke boaan die ranglys. Die Amerikaner het sy enigste Grand Slam-titel in 2003 in die Amerikaanse Ope gewen, terwyl hy in vier ander major-eindstryde deur Roger Federer geklop is.

Hy het in 2012 uitgetree met 32 ATP-titels en ’n wenrekord van 612-213 in sy loopbaan.

Die Nederlandse rolstoel-tennisspeler Monique Kalkman-van den Bosch, tennisjoernalis en historikus Steve Flink en Vic Braden, ’n grensverskuiwende tennisinstrukteur wat in 2014 in die ouderdom van 84 oorlede is, is die ander persone wat Saterdag ingehuldig word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Kim Clijsters  |  Andy Roddick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.