Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
'Coco kan wêreld verander'

Die Amerikaanse tennisspeler Coco Gauff kan die wêreld verander, glo Martina Navratilova, wat die tiener vir haar rol in die Black Lives Matter-beweging teen rasongelykheid loof.

Die tienertennissensasie Coco Gauff. Foto: Getty Images

Gauff (16) het ’n video op sosiale media gedeel waar sy protes maak teen geweld teen swart Amerikaners in die VSA in die nadraai van die dood in polisieaanhouding van George Floyd in Minneapolis.

“Sy is eenvoudig net so gebalanseerd op en van die baan. Sy is werklik met uitstekende karaktereienskappe grootgemaak en dit kom uit in hoe sy speel en hoe sy nou polities aktief is,” sê Navratilova, wenner van 18 Grand Slam-titels.

“Ek glimlag breed as ek sien hoe wyd haar invloed reeds strek en hoeveel sy in die toekoms sal hê. Sy is een van daardie mense wat die wêreld ten goede kan verander en dit wil voorkom asof dit presies is wat sy wil doen.”

Floyd se dood het betogings teen rassisme en ’n hervorming van wetstoepassing in Amerika oor die wêreld heen tot gevolg gehad. Gauff het verlede maand aan protesaksie in haar tuisdorp van Delray Beach, Florida, deelgeneem.

Martina Navratilova en haar vrou, Julia Lemigova. Foto: Getty Images

Naomi Osaka, die wêreld se bes betaalde sportvrou, en Serena Williams, wenner van 23 Grand Slam-titels, het hulle ook in die openbaar uitgelaat oor rasongelykheid.

Navratilova, wat openlik gay is, sê dit was noodsaaklik vir sportlui om van hulself te laat hoor.

“Sport was nog altyd aan die spits van maatskaplike verandering en dit kan weer so wees, met Black Lives Matter en gelykheid vir almal,” sê die 63-jarige hotklou.

Navratilova voel ook die opskorting van tennis weens die Covid-19-pandemie tel nie in die 38-jarige Williams se guns nie, wat jag maak op Margaret Court se rekord van 24 Grand Slams.

“Sy raak ouer. Tyd is nie op die oomblik haar maat nie,” sê Navratilova.

“Sy gaan nie beter speel as tien jaar gelede nie, maar as sy so goed speel soos vyf jaar gelede, sal sy piekfyn wees.”

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.