Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Coco óók uit Spele ná Covid-19-toets

Die Amerikaanse tennisspeler Coco Gauff sal nie aan die Olimpiese Spele deelneem nie nadat sy positief getoets is vir die koronavirus.

Coco Gauff moes haar aan die Olimpiese Spele onttrek nadat sy positief getoets is vir Covid-19. Foto: Getty Images

Die 17-jarige was op pad om die jongste Olimpiese tennisspeler sedert 2000 te word, maar sluit haar nou eerder aan by ’n gros van die wêreld se voorste spelers wat hulle aan die skouspel in Tokio onttrek het.

“Ek is teleurgesteld om die nuus te deel dat ek positief vir die koronavirus getoets is en nie in staat is om in die Olimpiese Spele in Tokio te speel nie,” het Gauff, wat 25ste op die wêreldranglys is en aan sowel die enkelspel as dubbelspel sou deelgeneem het, op Twitter gesê.

“Dit was nog altyd ’n droom van my om Amerika op die Olimpiese Spele te verteenwoordig en ek hoop dat daar nog baie geleenthede vorentoe vir my sal wees om hierdie droom te bewaarheid.”

Die Tokio-Spele is met ’n jaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie en is geskeduleer om Vrydag te begin.

Gauff het laas aan Wimbledon deelgeneem, waar sy in die vierde ronde uitgeboender is. Haar aankondiging volg twee dae nadat Australië se Alex de Minaur ook positief getoets is voordat hy na Tokio sou vertrek het.

Verskeie van die sport se grootste name, insluitend Rafael Nadal, Roger Federer, Serena Williams, Simona Halep, Dominic Thiem, Stan Wawrinka en Nick Kyrgios het reeds aangekondig dat hulle die Tokio-Spele gaan misloop. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Coco Gauff  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.